WORD 'N AMBASSADEUR

KOMEDIESHOP is opsoek na unieke ambassadeurs om komedieshop.com te verteenwoordig. Ons soek nie 'n gewone deur nie, maar 'n ambassadeur! Hou jy van unieke, snaakse afrikaanse t-shirts, hoodies en ander lekker dinge?

Indien jy die volgende KomedieShop Ambassadeur is, gebeur die volgende dinge:

Ding wat gebeur 1:
Jy sal maandeliks bederf word met 'n KomedieShop item(s). Hierdie is verniet / for free / mahala.

Ding wat gebeur 2:
Jy sal ook vooraf weet van spesiale aanbiedeninge, promosies, nuwe items en baie meer.

Ding wat gebeur 3:
Jy kry 'n spesiale kode wat jy deel met jou volgelinge, wat vir jou 'n ekstra paar randjies in jou sal bring wanneer hulle dit gebruik as hulle uitcheck by ons winkel.

Hoe om in aanmerking te kom om 'n Komedieshop Ambassadeur te wees?

Stap 1:
Jy moet net 'n lekker mens wees. En verkieslik Afrikaans.

Stap 2:
Jy benodig sterk, lojale 'n sosiale media volgeling. Dit help nie jy is 'n ambassadeur, maar 6 mense (insluitende familie) volg jou op sosiale media nie.
Verkieslik 1500+ Instagram volgelinge, maar indien nie, kan jy ons altyd oortuig.

Stap 3:
Jy moet weet hoe om iets te bemark. Ons stuur vir jou maadliks items, wat jy dan aanlyn bemark en dra.

Hoe maak mens om deel te raak?

Stap 1 (hierdie is die enigste stap):
Stuur vir ons 'n e-pos na info[at]komedie.co.za met die subject "KomedieShop Ambassadeur", en deel met ons die volgende:
Jou naam en van (dit help altyd)
Skakels na jou sosiale media blaaie
Hoekom ons jou moet kies, en nie vir Sannie lanksaan nie.

Ons kies 'n nuwe ambassadeur einde Julie, so gou spring... wel jy hoef nie te spring as jy nie wil nie, e-pos ons net vinnig.

Die KomedieShop span gaan deur al die aansoeke en sal voor einde Julie met die nuwe ambassadeur(s) in kontak tree.