HOE WERK DIT?

Soms, partykeer en gereeld kry ons hierdie volgende vraag: "Hoe werk dit as ek iets bestel op julle aanlynwinkel?"

Wel, kom ons vertel jou sommer.

LET WEL, met die Covid-19 lock down (en vir almal se veiligheid), word alle pakkies gemaak en gestuur sodra die lock down verby is in April.

 

STAP EEN:

Jy kies ietsie awesome op ons aanlynwinkel en gooi dit in jou trollie en check uit. Jy kan maar hard gooi, want dis 'n aanlynwinkel en nie 'n regte trollie nie. So al 4 ons wiellietjies loop mooi. Maak altyd gebruik van ons "size chart" sodat jy weet jy bestel die korrekte grootte item, want dit word spesiaal vir jou gemaak.

 

STAP TWEE:

Ons kry jou bestelling en ons sit ons slawe... ag, ek meen ons sit ons personeel hard aan die werk om jou pakkie mooi te maak. Ons gebruik slegs die beste katoen materiaal en druk slegs met DTG (Direct To Garment), wat albei sorg vir premium gehalte uit die boonste rakke.

Ons PLAASKLIKE bestellings ongeveer 4-5 werksdae om gemaak te word en ons INTERNATIONALE bestellings neem so 2-8 werksdae om gemaak te word en ons verskeep dan daarna. 

STAP DRIE:

Niemand hou van wag nie, so ons verskeep jou pakkie vinniger as Cheslin Kolbe in 'n wêreldbeker finaal. Sommer met Next Day Delivery as jy in RSA woon. So maak ons seker jy wag nooit langer as 'n dag of twee om jou pakkie te kry in Mzanzi nie.

INTERNASIONALE bestellings verskeep tussen omgeveer 4 tot 14 werksdae nadat dit gemaak is, want almal woon mos nie op dieselfde plekke nie en party iewers in 'n hoekie van die aardbol. 

Jy sal altyd terugvoer en e-posse ontvang wanneer jou bestelling plaas word, asook wanneer dit verskeep ens. 

 

STAP VIER:

Jy is só gelukkig met jou snaakse afrikaanse hemp (of hemde) dat jy nie kan ophou glimlag nie. Mens sou sweer jy is geborg deur Aquafresh.